RING REGISTER |
Die besonderhede van alle Identifikasie Ringe wat aan klubs binne die Unie uitgereik is, word in 'n sentrale register gehou.
Elke klub beskik oor 'n Ringbeampte wat op sy beurt 'n register byhou van die ringe wat aan die indiwiduele lede van die klub uitgereik is.
Hieronder volg 'n lys van die klubs, asook die kontak besonderhede van die Ringbeamptes, gevolg deur 'n lys per jaartal van die ringe wat sedert 2007 aan die verskillende klubs uitgereik is. Indien u 'n verlore duif vind waarvan die ring besonderhede nie in die betrokke jaartal se reeks hieronder verskyn nie, kan u direk skakel met Mev. Rona Grundeling by epos ronagrundeling@gmail.com Mev. Grundeling sal help met die opspoor van die eienaar. Indien die verlore duif se ringbesonderhede binne die reeks van die betrokke jaartal hieronder verskyn, moet u asb. die betrokke klub se Ringbeampte direk skakel, waarna daar reëlings getref sal word met die eienaar om die duif af te haal. |
|